Standaard kontrakte

Standaardkontrakte vir Inwoners

Riglyne vir gebruik, aanpassing en regsverantwoordelikheid

 

Inwoners is welkom om van die standaard kontrakte wat hier verskyn gebruik te maak. Dit kan handig te pas kom waar ’n kontrak vir ’n spesifieke geval benodig word. Die nodige wysigings en aanvulling daarvan kan deur die partye self behartig word.

Die kontrakte hier as voorbeelde geplaas, geskied met die spesifieke verstandhouding dat dit deur die kantoor op ’n generiese basis voorberei is en dat geen waarborg gegee word dat die betrokke kontrakte vir enige geval geskik mag wees nie.

Die korrektheid van hierdie voorbeeld-kontrakte word nie gewaarborg nie en is Orania Regspleging nie op enige wyse verantwoordelik vir enige skade of eis van welke aard ook al wat uit die gebruik van hierdie kontrakte voortspruit nie. Dit is altyd raadsaam om die advies van ’n regsgeleerde met die opstel en ondertekening van ’n kontrak in te win.

Kontrakte word hier gelys in .pdf formaat