Gemeenskapsgerigte

regspleging vir Orania

Orania Regspleging is ’n instelling vanuit die gemeenskap van Orania gevestig met ’n fokus op die fasilitering van geskilbeslegting tussen inwoners en die bestuur van dissiplinêre aangeleenthede namens die grondeienaars van Orania.

Gemeenskapsgerigte

regspleging vir Orania

Orania Regspleging is ’n instelling vanuit die gemeenskap van Orania gevestig met ’n fokus op die fasilitering van geskilbeslegting tussen inwoners en die bestuur van dissiplinêre aangeleenthede namens die grondeienaars van Orania.

ONS

Dienste

Oraniërs kan van Orania Regspleging se dienste gebruik maak om siviele geskille tot ’n suksesvolle uitkoms te fasiliteer. Met alternatiewe geskilbeslegting word geskille op ’n effektiewe wyse aangespreek en wat die behoefte om van lang en duur hofprosesse gebruik te maak kan voorkom. Die volgende prosesse is beskikbaar:

MEDIASIES

Geskille word deur ’n lid van die Orania Regspaneel as onafhanklike mediator bemiddel met die oogmerk om ’n skikking tussen die partye te fasiliteer.

ARBITRASIE

Geskille en aan die hand van ’n arbitrasie ooreenkoms, word deur ’n arbiter soos deur die partye aangestel aangehoor en waarop ’n toekenning in die geskil gemaak word.

Dissiplinêre Verrigtinge

Een van die voorvereistes vir ’n gemeenskap soos Orania om suksesvol te funksioneer is die daarstel en handhawing van gesonde publieke orde. Vir hierdie rede en reeds vanaf die vestiging van Orania is regsprosesse daargestel om oortredings van Orania se reëls op ’n billike, regverdige en deursigtige wyse aan te spreek. Dissiplinêre verrigtinge geskied aan die hand van Orania se Dissiplinêre Kode en met die volgende onderliggende waardes:

Orania Regspleging bied ondersteuningsdienste aan instellings van Orania. Hierby ingesluit is die opstel van verskillende regsdokumente en die ondersteuning aan en samewerking met ander instellings in die hantering van sosiaal-maatskaplike uitdagings en oortredings.

Orania Regspleging vind sy grondslag in die Westerse regstradisie en soos vergestalt in die eeue oue ontwikkeling van die reg vanuit Rome tot ’n moderne weergawe wat erkenning gee aan die rol en plek van die individu, gemeenskap en geloof. Regspleging funksioneer derhalwe realisties binne die Suid-Afrikaanse regsomgewing, maar geskied dit ook met die wete dat die reg binne die Christelike geloof en Westerse regsgrondslag tot voordeel van die gemeenskap van Orania begrond is.

Orania Regspleging vervul die rol van die regsprekende gesag in Orania, met die voortgesette proses om op ’n volhoubare en wettige wyse selfbeskikking vir Afrikaners in Orania te bewerkstellig.

 

MEER OOR

Orania Regspleging

Orania is gevestig met die ideaal om selfbeskikking vir Afrikaners te bereik. Hierdie ideaal is egter nie ’n verwyderde oomblik wat iewers in die toekoms mag realiseer nie, maar ’n deurlopende proses. Dit beteken dat Afrikaners reeds in Orania ontwikkelende selfbeskikking geniet.