Dienste gelewer
Mediasies
Mediasies kan ten beste beskryf word as ’n versoenende gesprek met die hulp van ’n onpartydige bemiddelaar. Dit is ’n poging om inwoners wat in ’n siviele geskil gewikkel is by ’n oplossing vir die geskil uit te bring.
Alle inwoners van Orania het, met hul aansoek om Verblyfreg, hulself tot Orania Regspleging se mediasieproses verbind.
Die uitkoms van ’n mediasie is egter in die partye se eie hande en sal hul eie bereidwilligheid om ’n oplossing te bereik bepalend wees. Dit is belangrik om daarop te let dat die Kantoor vir Regspleging, sowel as die lede van die Regspaneel, met ’n mediasie ten volle onafhanklik optree. Daar kan dus nie namens of vir ’n betrokke party opgetree word nie. Die rol van die kantoor is om onpartydig die hantering van die geskil te fasiliteer.
Lees meer
Mediasies geskied in privaatheid en waar vertroulikheid gehandhaaf word. Deelnemers aan hierdie verrigtinge geniet die gerusstelling dat die besprekings daar tydens sonder benadeling van hul regte geskied.
Die voordele van ’n mediasie is die volgende:
- Mediasies, by Orania Regspleging, vind teen ’n minimale fooi plaas. Die voordeel van ’n goeie regsdiens word aan die gemeenskap beskikbaar gestel sonder ’n swaar ekonomiese las op die partye by ’n geskil betrokke.
- Mediasies geskied derhalwe besonder goedkoop en kan duur hofprosesse verhoed.
- Mediasies geskied heelwat vinniger as uitgerekte hofprosesse.
- Mediasies is die Christelike wyse waarop partye wat in ’n geskil betrokke is, eers met mekaar in gesprek tree voordat die geskil onnodig eskaleer.
- Mediasies is vertroulik en kan partye daaraan deelneem sonder enige benadeling van hul regte.
- Mediasies geskied sonder dwang en partye bereik ’n skikking vrywillig.
- Mediasies help om verhoudings wat skade gely het weer te herstel.
- Mediasies maak dit moontlik om prosedureel tot voordeel van ’n skikking tussen die partye aanpasbaar te wees.
Besoek gerus My Regspleging vir vorms wat met mediasies verband hou.
Mediasies by Orania Regspleging kan aan die hand van die volgende vereenvoudigde proses verduidelik word:
Die applikant vul ’n aansoekvorm vir ’n mediasie in, betaal die voorgeskrewe fooi en handig die vorm by die Kantoor vir Regspleging in.
Die mediasie word binne 48 uur nadat die aansoekvorm deur die kantoor ontvang is amptelik geregistreer.
‘n Ontvangs bevestiging word na registrasie aan die applikant uitgereik (telefoon oproep of e-pos.
Die kantoor sal binne 3 werksdae na registrasie van die mediasie enige onduidelikheid met die applikant opklaar of indien nodig verdere inligting vanaf die applikant aanvra.
Die Kantoor vir Regspleging evalueer die inligting aangaande die geskil soos verkry vanaf die Applikant en maak ‘n oorweging of die aangeleentheid eers deur informele mediasie uitgeklaar kan word al dan nie.
Die Kantoor vir Regspleging kontak die respondent binne 3 werksdae vanaf registrasie van die mediasie. Daar word met die eerste kontak met die respondent gepoog om so volledig as moontlik die respondent se weergawe te kry en indien moontlik die geskil op informele wyse tot skikking te stuur. Hierdie proses staan bekend as “informele mediasie”.
Indien dit blyk dat die geskil nie tussen die partye by wyse van ’n informele mediasie geskik kan word nie, moet die Kantoor vir Regspleging die geskil verwys vir ’n formele mediasie. Die formele mediasie moet plaasvind op ’n geskikte datum wat ’n bemiddelaar van die Regspaneel daarvoor beskikbaar is. Die datum, tyd en plek word vervolgens binne 3 werksdae met die partye gekommunikeer en bevestig.
Die partye en bemiddelaar word daaropvolgend skriftelik per e-pos van die formele mediasie ingelig (formele kennisgewing), wat nie later nie as ten minste 10 werksdae voor die datum van die mediasie moet geskied. Indien prakties moontlik kan hierdie tydperk verkort word.
Orania Regspleging werk reeds ’n geruime tydperk daaraan om as selfstandige instelling gevestig te word. Dit sluit in eie kantore en personeel wat onafhanklik van die Orania Verteenwoordigende Raad en grondgebiede funksioneer, maar onder toesig van ’n oorhoofse raad (die Orania Geregtelike Diensteraad) soos vanuit die Orania grondgebiede aangestel.
Met die oog op die vestiging van ’n eie instelling, is ’n konsep grondwet vir die daarstel van ’n vereniging deur die Orania grondgebiede saamgestel.
Hierdie vereniging wat as eie regspersoon optree, word deur die lede daarvan (Ornaia grondgebiede) befonds en ontvang ook regskrag vanaf sy lede om die regsdienste soos nodig te lewer.
Om hierdie vereniging ten volle te laat funksioneer gaan egter befondsing vereis wat nie op hierdie stadium ten volle beskikbaar is nie. Dit is die oordeel van die voorgenome lede dat daar nie op hierdie stadium onnodig verhoogde heffings na die inwoners van Orania deurgegee moet word nie. Vir hierdie rede is daar besluit om Orania Regspleging tot voordeel van die gemeenskap organies en met beskikbare kapasiteit verder uit te bou.
Die oogmerk is, waar die nodige hulpbronne dit toelaat, om Orania Regspleging as ’n eie vereniging te vestig.
In die proses om Orania Regspleging verder uit te bou, word daar ook na die moontlike aanstelling van ’n besoldigde voorsittende beampte gekyk, die administratiewe stelsels in die verbetering van dienslewering word verder uitgebou en die omvang van dienste aan Orania word verder uitgebou.
Op die datum van die formele mediasie:
- Onderteken die partye ’n ooreenkoms ingevolge waarvan hulle hulself aan ’n skikking, indien bereik, verbind.
- Fasiliteer die bemiddelaar die verrigtinge na sy of haar diskresie, maar bly die bemiddelaar neutraal en poog om beide partye tot ’n skikking te beweeg.
- Word die verrigtinge vir die kantoor opgeneem, maar is die inhoud daarvan geprivilegeerd synde skikkingsonderhandelinge wat vertroulik gehou word.
- Word die voorgeskrewe dokument aan die einde van die mediasie deur die partye onderteken en wat die uitkoms van die mediasie aandui.
- Indien die mediasie suksesvol is en die partye begerig is om die skikking op skrif te stel sal die Kantoor vir Regspleging die partye daarin kan bystaan om sorg te dra dat die skikking regstegnies korrek is.
- Voormelde is onderhewig aan die nodige samewerking van die partye en die normale hantering van ander geskille by Regspleging geregistreer.
Arbitrasies
Arbitrasies geskied ingevolge die Arbitrasie Wet nr. 42 van 1965 en is ’n proses waar partye wat in ’n geskil betrokke is, sodanige geskil ingevolge ’n formele ooreenkoms voor ’n onpartydige arbiter kan plaas en wat na aanhoor van die partye ’n toekenning kan maak. Sodanige toekenning is dan ook op die partye bindend en afdwingbaar.
’n Arbitrasie volg op ’n arbitrasie ooreenkoms en moet partye so ’n ooreenkoms vrywillig aangaan. Die ooreenkoms maak daarvoor voorsiening dat die geskil tussen die partye by wyse van ’n arbitrasie besleg kan word, dit bepaal die reëls wat gevolg sal word en stel ook die arbiter tot die verrigtinge aan.
Lees meer
In Orania geniet inwoners die uitsonderlike voordeel dat lede van die Regspaneel as arbiters in geskille wat nie omvangryk of hoë eisbedrae insluit nie teen bloot ’n administratiewe fooi kan optree. In gevalle van arbitrasies met hoër eisbedrae, of by keuse van die partye, kan ’n regsgeleerde of ander gepaste deskundige as arbiter aangestel word. In die geval waar ’n regsgeleerde aangestel word, sal die partye wel die kostes van die arbiter moet betaal.
Arbitrasies hou die voordeel in dat partye die beheer oor hul saak hou, dat dit vinniger en ook effektief afgehandel kan word, dat die geskil gewoonlik finaal besleg kan word en dat die partye die vertroulikheid van die verrigtinge kan reguleer.
Besoek gerus My Regspleging vir dokumentasie wat met arbitrasies verband hou.
Arbitrasies deur die Regspaneel word op die volgende wyse bestuur:
Die Kantoor vir Regspleging word met ’n versoek om arbitrasie genader, of ’n geskil word aan die hand van ’n bestaande arbitrasie ooreenkoms na die kantoor verwys.
Indien daar nie ’n arbitrasie ooreenkoms bestaan nie, poog die kantoor dat die partye ’n arbitrasie ooreenkoms aangaan. In die afwesigheid van ’n ooreenkoms kan ’n arbitrasie nie voortgaan nie.
Waar die partye tot ’n arbitrasie ooreenkoms instem, dra die kantoor sorg dat die ooreenkoms aan die vereistes van die Arbitrasie Wet nr. 42 van 1965 voldoen.
Indien die arbitrasie ooreenkoms nie ’n arbiter aanwys nie, sal die kantoor ’n arbiter vanuit die Regspaneel aanstel.
Die kantoor sal voortgaan en ’n voor-arbitrasie konferensie met die partye en die arbiter reël. By die konferensie word onder andere die geskilpunte geïdentifiseer.
Indien die partye nie reeds tydens die voor-arbitrasie konferensie op ‘n datum vir die arbitrasie ooreengekom het nie sal die Kantoor vir Regspleging binne 5 werksdae daarna ’n datum bepaal en aan die partye skriftelik kommunikeer.
Verdere vereistes vir die suksesvolle voortsetting van die arbitrasie word deur die kantoor aangespreek. Dit sluit in die lewering van blootgelegde dokumente deur partye ingevolge tydperke ooreengekom en die onderlinge uitruil daarvan.
Die Kantoor vir Regspleging is op die datum van die arbitrasie verantwoordelik om die nodige geriewe en ondersteuning beskikbaar te stel, insluitend die behoorlike elektroniese opname van die verrigtinge.
Na afloop van die arbitrasie verrigtinge het die arbiter(s) 30 werksdae om ‘n toekenning te formuleer en te lewer. Die kantoor staan die arbiters met die versending van die toekenning aan die partye by.
Die Kantoor vir Regspleging word met ’n versoek om arbitrasie genader, of ’n geskil word aan die hand van ’n bestaande arbitrasie ooreenkoms na die kantoor verwys.
Indien daar nie ’n arbitrasie ooreenkoms bestaan nie, poog die kantoor dat die partye ’n arbitrasie ooreenkoms aangaan. In die afwesigheid van ’n ooreenkoms kan ’n arbitrasie nie voortgaan nie.
Waar die partye tot ’n arbitrasie ooreenkoms instem, dra die kantoor sorg dat die ooreenkoms aan die vereistes van die Arbitrasie Wet nr. 42 van 1965 voldoen.
Indien die arbitrasie ooreenkoms nie ’n arbiter aanwys nie, sal die kantoor ’n arbiter vanuit die Regspaneel aanstel.
Die kantoor sal voortgaan en ’n voor-arbitrasie konferensie met die partye en die arbiter reël. By die konferensie word onder andere die geskilpunte geïdentifiseer.
Indien die partye nie reeds tydens die voor-arbitrasie konferensie op ‘n datum vir die arbitrasie ooreengekom het nie sal die Kantoor vir Regspleging binne 5 werksdae daarna ’n datum bepaal en aan die partye skriftelik kommunikeer.
Verdere vereistes vir die suksesvolle voortsetting van die arbitrasie word deur die kantoor aangespreek. Dit sluit in die lewering van blootgelegde dokumente deur partye ingevolge tydperke ooreengekom en die onderlinge uitruil daarvan.
Die Kantoor vir Regspleging is op die datum van die arbitrasie verantwoordelik om die nodige geriewe en ondersteuning beskikbaar te stel, insluitend die behoorlike elektroniese opname van die verrigtinge.
Na afloop van die arbitrasie verrigtinge het die arbiter(s) 30 werksdae om ‘n toekenning te formuleer en te lewer. Die kantoor staan die arbiters met die versending van die toekenning aan die partye by.
Dissiplinêre Verrigtinge
Ingevolge die reg het die onderskeie konfederale gebiede van Orania die verantwoordelikheid om nie slegs beleid en prosedure daar te stel oor wie op die privaat eiendom wat Orania uitmaak te woon en werk nie, maar ook om dissiplinêre stappe in die geval van oortredings te neem. Orania Regspleging vervul die rol om ’n onafhanklike, deursigtige en regverdige proses daar te stel waarbinne dissiplinêre oortredings gehanteer kan word.
Die oogmerk is om met hierdie proses ’n bydrae tot die goeie orde binne Orania te maak. Die voordeel van goeie orde vir Orania is die direkte voordeel vir elke inwoner. Met goeie orde kan elke inwoner in ’n omgewing van geregtigheid en billikheid sy of haar volle potensiaal bereik.
Orania Regspleging volg die Christelike benadering waar vergifnis /rehabilitasie slegs moontlik is waar daar berou vir die sonde en gepaste straf gevolg het.
Lees meer
Regspleging volg wel ’n benadering ingevolge waarvan minder ernstige gevalle eerder by wyse van gesprekvoering aangespreek word as wat oortreders dadelik vir ’n dissiplinêre verhoor verwys word. Die Dissiplinêre Kode magtig die aanklaer om in gevalle van minder ernstige oortredings ’n Rondetafelgesprek met die oortreder te voer. So ’n persoon word in ’n gesprek ingeneem en waar hy of sy nie “skuldig” bevind kan word nie, maar wel na oplossings gewerk word. Met samewerking en berou is dit ook makliker om rehabiliterend te handel.
In meer ernstige gevalle sal die klagtes voor die Orania Regspaneel geplaas word. ’n Proses van natuurlike geregtigheid word gevolg en volg die onafhanklike paneel die prosedure soos uiteengesit in Orania se Dissiplinêre Kode. Die Kode is ’n omvattende dokument wat na behore ’n proses uiteensit wat sorg dra dat die regte van beskuldigdes sowel as slagoffers beskerm word.
Inwoners wat ’n klag wil lê, kan dit by Orania Veiligheidsdienste doen en waar die ondersoekbeampte die klagte ingevolge die Dissiplinêre Kode se voorskrifte ondersoek en indien nodig ’n dossier saamstel om aan die aanklaer te lewer.
Verskeie amptelike dokumente wat met dissiplinêre sake verband hou kan by My Regspleging gevind word.