Orania Dorpsreëls
Reëls en Riglyne vir die Gemeenskap
Die onderskeie Dorpsreëls van Orania word hieronder uiteengesit. Die dokumente kan ook hier afgelaai word.
Ingevolge wetgewing en die verpligting op die bestuur van privaat eiendom, publiseer die grondentiteite van Orania reëls soos van toepassing op inwoners.
Hierdie reëls, alhoewel in omvang baie minder as wat in ander dorpe en stede in Suid-Afrika aangetref word, bied aan inwoners duidelikheid rakende die onderskeie onderwerpe waaroor dit handel. Die reëls sluit nie die toepassing van ander gebiedende wetgewing, die Dissiplinêre Kode of die onderskeie grondentiteite se bestuursdokumente uit nie. Die reëls mag ook ’n strafsanksie by wyse van ’n boete vir die oortreding van reëls insluit.
Dorpsreëls word hier in .pdf formaat gelys