Meer oor regspleging

Wie Ons Is

’n Groeiende regsprekende gesag binne ’n selfbeskikkende gemeenskap

Orania is gevestig met die ideaal om selfbeskikking vir Afrikaners te bereik. Hierdie ideaal is egter nie ’n verwyderde oomblik wat iewers in die toekoms mag realiseer nie, maar ’n deurlopende proses. Dit beteken dat Afrikaners reeds in Orania ontwikkelende selfbeskikking geniet.

Orania Regspleging het dan ook binne die konteks van ’n groeiende gemeenskap wat op ’n wettige en volhoubare wyse hul regmatige plek wil opneem ontstaan. Die oogmerk van Regspleging was van meet af die bevordering van ’n lewensruimte binne Orania waar inwoners veilig en voorspoedig kan leef, maar daarmee saam, ook die ontwikkeling en uitbou van ’n groeiende regsprekende gesag vir Oraniërs.

In ’n groeiende gemeenskap moet hulpbronne egter verantwoordelik bestuur word en word ’n proses van organiese en volhoubare groei van ons instellings gevolg. Orania Regspleging het derhalwe daarop gefokus om sorg te dra dat die bemiddeling van siviele geskille en die hantering van dissiplinêre aangeleenthede op die hoogste standaard geskied terwyl Regspleging stelselmatig aan die hand van beskikbare hulpbronne uitgebou word.

Orania Regspleging het as afdeling van Orania Aandeleblok (RF) (Edms.) Bpk. (OAB) ontstaan en waar inwoners met onderlinge geskille bygestaan is en dissiplinêre oortredings intern gehanteer is. ’n Funksionerende kantoor is binne OAB gevestig en met verloop van tyd uitgebou. Orania se groei het ingesluit dat verdere grondgebiede by die oorhoofse ideaal ingeskakel het en is die werksaamhede van Orania Regspleging uitgebrei om oor die geheel van Orania te strek. Die rol van Regspleging as die regsprekende gesag in Orania word dienooreenkomstig deur die Orania Verteenwoordigende Raad erken.

Vandag is Orania Regspleging ’n groeiende instelling van Orania met ’n Kantoor vir Regspleging wat vir die operasionele bestuur verantwoordelik is, ’n Regspaneel wat onafhanklik van die kantoor verkies word en ook sodanig funksioneer en die Orania Regsraad wat oorsigtelik en beleidmakend handel. Daar word deurlopend daaraan gewerk om Orania Regspleging, sodra die nodige hulpbronne daarvoor voorsiening maak, as ’n vereniging met eie strukture te vestig.

ORANIA

Regsraad

Die Orania Regsraad tree as die beleidmakende liggaam van Orania Regspleging op, terwyl die Regsraad ook die belangrike rol vervul om oorsigtelik te handel.

ORANIA

Regspaneel

Die Orania Regspaneel word vanuit die inwoners van Orania sodanige verkies dat hulle voldoen aan die vereistes van onafhanklikheid.

KANTOOR VIR

Regspleging

Die Kantoor vir Regspleging is verantwoordelik vir die operasionele bestuur van Orania Regspleging. Die kantoor bestaan uit ’n hoof, ’n bestuurder vir geskilbeslegting en aanklaer, asook ’n assistent.

Begronding

Orania Regspleging, diepliggend beskou, is nie nuut nie. Orania Regspleging vorm deel van die Westerse regstradisie wat oor geslagte en eeue heen ontwikkel het.

VOORUITSIG

vir Orania Regspleging

Orania Regspleging het vanuit die noodsaak om tot die groei en ontwikkeling van Orania by te dra ontstaan en lewer vandag ’n deurslaggewende diens in die handhawing van goeie publieke orde. Hiermee saam help Orania Regspleging inwoners van Orania in die fasilitering van geskille by wyse van mediasies en arbitrasies.

Orania Regspleging word deur die gemeenskap gefinansier. Vir hierdie rede het Regspleging organies en stelselmatig soos hulpbronne dit toelaat gegroei. ’n Werkende kantoor met breë deelname en ondersteuning vanuit die gemeenskap is gevestig en is Regspleging daartoe in staat om ’n groot omvang van geskille en dissiplinêre sake te bestuur.

In uitvoering van die doelwit om te werk aan groter selfbestuur, die verdere uitbou van ons instelling en die voortgesette lewering van ’n kwaliteit diens, word die volgende in die vooruitsig gestel:

Orania Regspleging werk reeds ’n geruime tydperk daaraan om as selfstandige instelling gevestig te word. Dit sluit in eie kantore en personeel wat onafhanklik van die Orania Verteenwoordigende Raad en grondgebiede funksioneer, maar onder toesig van ’n oorhoofse raad (die Orania Geregtelike Diensteraad) soos vanuit die Orania grondgebiede aangestel.

Met die oog op die vestiging van ’n eie instelling, is ’n konsep grondwet vir die daarstel van ’n vereniging deur die Orania grondgebiede saamgestel.

Hierdie vereniging wat as eie regspersoon optree, word deur die lede daarvan (Ornaia grondgebiede) befonds en ontvang ook regskrag vanaf sy lede om die regsdienste soos nodig te lewer.

Om hierdie vereniging ten volle te laat funksioneer gaan egter befondsing vereis wat nie op hierdie stadium ten volle beskikbaar is nie. Dit is die oordeel van die voorgenome lede dat daar nie op hierdie stadium onnodig verhoogde heffings na die inwoners van Orania deurgegee moet word nie. Vir hierdie rede is daar besluit om Orania Regspleging tot voordeel van die gemeenskap organies en met beskikbare kapasiteit verder uit te bou.

Die oogmerk is, waar die nodige hulpbronne dit toelaat, om Orania Regspleging as ’n eie vereniging te vestig.

In die proses om Orania Regspleging verder uit te bou, word daar ook na die moontlike aanstelling van ’n besoldigde voorsittende beampte gekyk, die administratiewe stelsels in die verbetering van dienslewering word verder uitgebou en die omvang van dienste aan Orania word verder uitgebou.

Orania Regspleging werk reeds ’n geruime tydperk daaraan om as selfstandige instelling gevestig te word. Dit sluit in eie kantore en personeel wat onafhanklik van die Orania Verteenwoordigende Raad en grondgebiede funksioneer, maar onder toesig van ’n oorhoofse raad (die Orania Geregtelike Diensteraad) soos vanuit die Orania grondgebiede aangestel.

Met die oog op die vestiging van ’n eie instelling, is ’n konsep grondwet vir die daarstel van ’n vereniging deur die Orania grondgebiede saamgestel.

Hierdie vereniging wat as eie regspersoon optree, word deur die lede daarvan (Ornaia grondgebiede) befonds en ontvang ook regskrag vanaf sy lede om die regsdienste soos nodig te lewer.

Om hierdie vereniging ten volle te laat funksioneer gaan egter befondsing vereis wat nie op hierdie stadium ten volle beskikbaar is nie. Dit is die oordeel van die voorgenome lede dat daar nie op hierdie stadium onnodig verhoogde heffings na die inwoners van Orania deurgegee moet word nie. Vir hierdie rede is daar besluit om Orania Regspleging tot voordeel van die gemeenskap organies en met beskikbare kapasiteit verder uit te bou.

Die oogmerk is, waar die nodige hulpbronne dit toelaat, om Orania Regspleging as ’n eie vereniging te vestig.

In die proses om Orania Regspleging verder uit te bou, word daar ook na die moontlike aanstelling van ’n besoldigde voorsittende beampte gekyk, die administratiewe stelsels in die verbetering van dienslewering word verder uitgebou en die omvang van dienste aan Orania word verder uitgebou.

Die Orania Regsraad tree as die beleidmakende liggaam van Orania Regspleging op, terwyl die Regsraad ook die belangrike rol vervul om oorsigtelik te handel.

Orania Regspleging is ’n instelling vanuit die gemeenskap van Orania gevestig met ’n fokus op die fasilitering van geskilbeslegting tussen inwoners en die bestuur van dissiplinêre aangeleenthede namens die grondeienaars van Orania.

Die Regsraad het voortgespruit vanuit die proses om Orania Regspleging as ’n eie instelling in die vorm van ’n vereniging daar te stel. Hierdie voorgenome vereniging se Grondwet is met samewerking tussen die grondentiteite van Orania opgestel, maar die stigting van die vereniging is hoofsaaklik vanweë beperkte hulpbronne egter nog nie prakties moontlik of uitvoerbaar nie. Die vermelde Grondwet maak voorsiening daarvoor dat die OGDR (Orania Geregtelike Diensteraad) die oorsig en bestuur van die vereniging soortgelyk aan ’n direksie van ’n maatskappy sal waarneem. Die OGDR kon egter nieteenstaande die feit dat die vereniging nie reeds gestig word nie as komitee tussen die toekomstige lede daarvan geaktiveer word. Hierdie komitee moet oor die Kantoor van Regspleging toesig hou en moet die kantoor ook aan die komitee rapporteer. Die naam wat vir hierdie komitee gekies is, is die Orania Regsraad.

Voormelde spreek van die realiteit van regspleging wat ten aansien van beide siviele geskille (mediasies) sowel as die oortreding van dissiplinêre reëls reeds oor al die grondentiteite van Orania strek en ook soos Verblyfreg alle Oraniërs in die genoemde prosesse inbind. Regspleging is in Orania ʼn gedeelde saak en strek oor en verbind elke grondentiteit tot die suksesvolle implementering en uitvoering daarvan. Die bevoegdheid en plig om oor die toegang en verblyf van persone rakende enige grondgebied te besluit kan volgens die reg slegs deur ʼn betrokke grondentiteit opgeneem en uitgevoer word, wat delegasie daaroor wel toelaat. Die Orania Regsraad handel derhalwe met die magte en bevoegdhede soos deur die onderskeie grondeienaars van Orania aan die Regsraad toegewys.

Die Orania Regsraad word saamgestel deur twee verteenwoordigers vanuit elke grondentiteit van Orania.

Die Orania Regspaneel word vanuit die inwoners van Orania sodanige verkies dat hulle voldoen aan die vereistes van onafhanklikheid.

Orania Regspleging is ’n instelling vanuit die gemeenskap van Orania gevestig met ’n fokus op die fasilitering van geskilbeslegting tussen inwoners en die bestuur van dissiplinêre aangeleenthede namens die grondeienaars van Orania.

Die lede van die paneel het dan ook geen verbintenis met die Kantoor vir Regspleging nie en geskied hul verkiesing en aanstelling volgens elke onderskeie grondentiteit se prosedures en soos gekoördineer met die Orania Regsraad.

Die Regspaneel ontvang deurlopend opleiding en is verantwoordelik om as bemiddelaars in mediasies en as lede van ’n Verhoorpaneel by die aanhoor van dissiplinêre aangeleenthede op te tree. Die Regspaneel bestaan uit ongeveer 15 inwoners en wat besonderse diens aan die gemeenskap lewer.

Die Regspaneel ontvang deurlopend opleiding en is verantwoordelik om as bemiddelaars in mediasies en as lede van ’n Verhoorpaneel by die aanhoor van dissiplinêre aangeleenthede op te tree. Die Regspaneel bestaan uit ongeveer 15 inwoners en wat besonderse diens aan die gemeenskap lewer. Die Regspaneel word verder en soos nodig deur regsgeleerdes aangevul.

Die Orania Regspaneel verkies van tyd tot tyd ’n Hoof van die Regspaneel en wat sekere funksies ingevolge Orania se Dissiplinêre Kode verrig. Die Hoof van die Regspaneel dien ook as die seremoniële hoof van die regsprekende gesag in Orania.

Die Kantoor vir Regspleging is verantwoordelik vir die operasionele bestuur van Orania Regspleging. Die kantoor bestaan uit ’n hoof, ’n bestuurder vir geskilbeslegting en aanklaer, asook ’n assistent.

Orania Regspleging is ’n instelling vanuit die gemeenskap van Orania gevestig met ’n fokus op die fasilitering van geskilbeslegting tussen inwoners en die bestuur van dissiplinêre aangeleenthede namens die grondeienaars van Orania.

Aansoeke om mediasie word by die kantoor ingedien en deur die kantoor administratief gehanteer. Die kantoor poog gewoonlik om tussen die onderskeie partye wat in ’n geskil betrokke is, ’n moontlike skikking te bewerkstellig. Dit geskied binne die raamwerk van ’n regverdige proses en staan die kantoor in mediasies ten volle onafhanklik en laat die uitkoms daarvan in die hande van die onderskeie partye. Indien ’n vrywillige skikking nie moontlik is nie, sal die hulp van die Orania Regspaneel ingeroep word en word ’n bemiddelaar vir die mediasie aangestel. Die bemiddelaar tree as onafhanklike fasiliteerder van die proses op en met die oogmerk om die partye tot ’n vrywillige skikking te laat instem.

Die Kantoor vir Regspleging kan ook, waar ’n mediasie nie suksesvol is nie, partye met die fasilitering van ’n arbitrasie bystaan. Dit volg waar die partye versoek dat die geskil by wyse van arbitrasie besleg word. ’n Arbitrasie volg op ’n arbitrasie ooreenkoms en ingevolge waarvan die geskil voor ’n arbiter vir die beslegting daarvan geplaas word. Die arbiter kan dan ook na die aanhoor van die partye ’n toekenning uitreik en wat bindend op die partye is.

Dissiplinêre klagtes, soos in ’n dossier vervat, word deur Orania Veiligheidsdienste na Orania Regspleging verwys en waar sodanige klagtes verder ingevolge die prosedure in Orania se Dissiplinêre Kode uiteengesit gehanteer word. Die aanklaer, wat bemagtig is om sodanig namens die gemeenskap op te tree, is ook by die Kantoor vir Regspleging werksaam. Dissiplinêre klagtes word deur die aanklaer voor die onafhanklike Regspaneel gestel en word ’n prosedure gevolg waar elke party die volle geleentheid geniet om, onderhewig aan die geldende bewysreg en prosesreg, hul saak te stel.

Die Kantoor vir Regspleging bied verdere dienste soos die opstel van regsdokumente en reëls of regulasies, terwyl die kantoor ook aktief meewerk met ander instellings in die aanspreek en hantering van sosiaal-maatskaplike uitdagings en oortredings. ’n Benadering word gevolg waar die kantoor deurlopend pro-aktief bystand ten aansien van moontlike uitdagings bied.

Die Kantoor vir Regspleging word operasioneel deur Orania Aandeleblok (RF) (Edms.) Bpk. (OAB) ondersteun, terwyl ander grondentiteite van Orania ook ’n bydrae lewer. Die toesig oor die Kantoor vir Regspleging geskied egter onafhanklik van OAB en neem die Orania Regsraad sodanige verantwoordelikheid op.

Orania Regspleging, diepliggend beskou, is nie nuut nie. Orania Regspleging vorm deel van die Westerse regstradisie wat oor geslagte en eeue heen ontwikkel het.

Orania Regspleging is ’n instelling vanuit die gemeenskap van Orania gevestig met ’n fokus op die fasilitering van geskilbeslegting tussen inwoners en die bestuur van dissiplinêre aangeleenthede namens die grondeienaars van Orania.

Hierdie waarneming beteken nie dat daar in isolasie van die werklikheid gefunksioneer word nie, maar dat die werklikheid met die gebalanseerde regsbenadering wat oor eeue heen in die Westerse beskawing ontwikkel het, beskou word.

Orania Regspleging se embleem spreek dan ook van hierdie waardestelsel waarop gesonde regspleging berus. Die kompas wys simbolies in die rigting van die Westerse beskawing, na die penwortel van die reg. Waar die reg se oorsprong en vorming in Rome gevind word, word die reg ook beïnvloed deur die Griekse filosofie en die Christelike godsdiens. Die reg in Suid-Afrika het oor eeue heen vanuit Europa met onder andere die invloed van Hollandse- en Engelse-reg ontwikkel.

Hierdie Westerse regstradisie word gekenmerk deur beginsels van onder andere die oppergesag van die reg, die republikeinse benadering, gekodifiseerde reëls en wette, regverdigheid en billikheid, ’n morele raamwerk, privaat eiendomsreg, individuele regte, geregtigheid en behoorlike proses. Dit is ’n regstradisie wat wesenlik tot die ongekende ontwikkeling en vorming van die Westerse beskawing bygedra het.

In ’n regsomgewing en staat waar die reg egter wesenlik beïnvloed word deur beskouings wat vreemd aan die Westerse tradisie is, kan die nadelige gevolge daarvan waargeneem word. Die klem in Suid-Afrika op ongesonde individualisme, tot nadeel van en in konflik met gesin, kerk en gemeenskap, het die Suid-Afrikaanse samelewing reeds ongekende skade aangedoen. Die heersende politieke ideologie van staatisme en transformatisme is tot nadeel van gesonde sosiale- en ekonomiese ontwikkeling terwyl die regstelsel spesifiek in ’n groot mate in duie gestort het. Orania is ook nie van hierdie ongesonde regsbenadering vrygespreek nie en is dit ’n realiteit wat verreken moet word. Daar is ook, ongelukkig, Afrikaners wat deur hierdie vreemde regsbenadering beïnvloed is en wat in eie gewin teenoor die heilsaamheid van die gemeenskap optree.

Vir Orania is dit dan ook belangrik om die begronding van ons reg deurlopend in gedagte te hou. Hierdie begronding vind ons ten eerste in ons geloof en waarop alle verdere regsbeginsels uitgebou word.

Johannes Calvyn, in sy Institusie van die Christelike Godsdiens, waarsku dan ook teen diegene wat hulself op “teuellose vryheid” beroep en die taak van die owerheid om “reg en geregtigheid te laat geskied ondermyn”. Calvyn wys dan ook op owerhede se plig om “kwaaddoeners en misdadigers openlik en streng te straf omdat die openbare rus deur hulle misdadigheid in oproer gebring of versteur word.” Hy wys dan ook daarop dat waar die ”straf” vir die misdaad uit die weg geruim word, die hele staatsorde in duie stort.

Die reg vind vir die Christen toepassing binne ’n gemeenskapsorde, maar vir die Humanis wat mens bo God stel, is die reg uitsluitlik op die individuele mens gerig en tot uitsluiting van die gesin, kerk en gemeenskap. Daar is dan ook sekere wesenskenmerke wat vanuit ons geloof ons benadering tot die reg uitlig:

Vir die Christen is wet en orde dan ook ’n basiese kenmerk van ’n ordelike en vooruitstrewende gemeenskap. In praktiese terme kan die volgende voorgehou word waarom wet en orde vir Orania spesifiek belangrik is:

Binne die Westerse regstradisie, maar begrond op die Christelike geloof, vervul Orania Regspleging ’n belangrike rol en funksie om aan Oraniërs die geleentheid te bied om elkeen binne ’n gemeenskapsorde hul volle potensiaal te bereik. “Teuellose vryheid” oftewel onbegrensde vryheid is nie ware vryheid nie: Ware vryheid is om binne die orde wat God daargestel het te leef en te laat leef. Orania het dan ook, alhoewel heelwat minder as wat op ander plekke in Suid-Afrika aangetref sal word, reëls wat help om die orde daar te stel en te handhaaf. Orania onderskryf die natuurlike regte van die mens wat as voorreg uit die hand van God vloei, maar erken ook dat elke mens deel van ons gemeenskap vorm en nie ’n los eiland vir eie gewin is nie.

Een van die belangrikste natuurlike regte wat elke mens mag geniet, is die respek vir privaat eiendomsreg. Hierdie reg is onderliggend tot ’n veelvoud ander regte wat daaruit vloei en die afwesigheid daarvan blyk duidelik uit die omstandighede waarin Afrikaners in Suid-Afrika leef.

By Orania Regspleging en in voortsetting van die Westerse regstradisie, word die volgende waardes met dissiplinêre aangeleenthede bevorder:

Deursigtig

Dissiplinêre prosesse volg op duidelike kommunikasie en gepubliseerde reëls, waar toelaatbaar oop verrigtinge, duidelike en konsekwente kriteria en prosedures en publieke toegang tot Orania se regsprosedures.

Vertroulikheid

In gevalle waar vertroulikheid ingevolge die reg vereis word, geskied verrigtinge dienooreenkomstig.

Billikheid en regverdigheid

Dissiplinêre prosesse volg die beginsel van audi alteram partem, met elke party met die volle reg om sy of haar saak te stel. Elke persoon word geag onskuldig te wees totdat die teendeel na behore bewys word en prosesse voldoen aan die vereistes van natuurlike geregtigheid.

Onafhanklik

Daar is ’n volle skeiding tussen die aanklaer (vervolging) en die Orania Regspaneel, met die Regspaneel wat onafhanklik van die Kantoor vir Regspleging verkies word en funksioneer.

Orania Regspleging staan ook in diens van die republikeinse gedagte, met die inwoners van Orania wat self en onafhanklik van die kantoor / aanklaer hul Regspaneel verkies en met alle inwoners wat met ontvangs van hul Verblyfreg hulself tot die prosesse van Orania Regspleging verbind. Hieruit voortvloeiend bou Orania Regspleging, volhoubaar en ingevolge die reg, aan die ideaal van selfbeskikking vir Afrikaners binne Orania.