Selfbeskikking 

Orania is ’n gemeenskap gevorm rondom die ideaal van selfbeskikking. Ieder en elk van ons wat in Orania woon het met die opneem van ons Verblyfreg onderneem dat ons hierdie ideaal van selfbeskikking ondersteun.

Uiteensetting van Orania Regspleging 

Orania is gevestig op die ideaal van Afrikaner-selfbeskikking as ’n deurlopende, praktiese proses wat reeds vandag uitgeleef word. Binne hierdie groeiende gemeenskap het Orania Regspleging ontstaan om ’n veilige, ordelike en voorspoedige lewensruimte te bevorder.